
Kikker jou maandelikse inkopies op met die volgende produkte wat nuut op die winkelrakke is:
1. Plato’s
’n Nuwe peuselhappie, genaamd Plato’s, is skyfies wat vervaardig word van hergebruikte graan om te verseker dat kosvermorsing verminder word. Dit is nie net ’n peuselhappie wat gesond is vir jou nie, maar ook vir die planeet. Plato’s is beskikbaar in drie opwindende geure: Jalapeno Chutney, Visionary Smoked BBQ en Mature Cheddar – ideaal vir enige sosiale geleentheid!
Dit is beskikbaar by alle vooraanstaande nasionale kleinhandelaars, buiten Pick n Pay.
2. Miam treats
Miam treats bied suikervrye geenskuldgevoel-peuselhappies. Dit is geskep om die gaping tussen gesond eet en ’n bederfie te oorbrug met heerlike happies. Hulle wil hê jy moet die soetheid ervaar sonder om jou te bekommer oor jou suikerinname.
Maak gerus seker om hul webtuiste te besoek vir meer inligting.
3.Weltevrede
Weltevrede Calcrete is ’n ongehoute chardonnay wat slegs in die kalksteenryke gebied tussen Bonnievale en Robertson voorkom. Calcrete is die ideale lentewyn en is eie aan hierdie streek. Die smaak herinner aan nat klip en byna maritieme seesproei, soutig met ’n oesterskulpmineraliteit. Dit word ook beskryf as elegant lineêr, minimalisties en helder met ’n vars lemmetjie-geur. Dit bied ’n kragtige, koel-sensasie op die palet wat onweerstaanbaar is!
Dié wyn is aanlyn beskikbaar, klik hier vir aankope. Dit word ook nou by Woolworths verkoop.
4. Poppy Dots Design
Poppy Dots Design is ’n betroubare aanlyn winkel met ’n wye verskeidenheid uitgesoekte stylvolle, elegante en tydlose juweliersware. Juwele gee uiting aan jou persoonlike styl en voorkeure. Soms is dit net die regte paar oorbelletjies, ring of hangertjie wat jou voorkoms volmaak afrond. Uitstekende kliëntediens en gehalteprodukte is van die waardes wat die afgelope 10 jaar al nagestreef word. Juwele het deur die eeue heen simbole van liefde en spesiale oomblikke geword – moenie verder soek as jy jouself of ’n geliefde wil bederf met silwer, pêrels of edelgesteentes nie.
5. B-well Dipp
Jy is reg, die B-well-reeks raak al hoe meer gewild! Hoe meer mense daarvan te hore kom en dit proe, hoe meer mense raak versot daarop. B-well het onlangs doopsouse bekendgestel en dit het die mark oorheers met hul reeks fantastiese geure – perfek vir enige geleentheid en in die kol as jy ’n veganis is! Die ryk, romerige geure is Cajun Chilli, Cheddar & Chives, asook Roasted Onion.
Dit is beskikbaar by alle vooraanstaande nasionale kleinhandelaars, buiten Pick n Pay.
6. Moonsac
Dames, gewone grimeringsakkies kan nie kers vashou by die Moonsac nie. Die toutjies sprei die sakkie binne sekondes oop sodat jy alles met een oogopslag kan sien. Jy hoef glad nie meer rond te krap op soek na jou grimering diep in ’n gewone sakkie nie. Wanneer jy klaar is, trek jy die toutjies net netjies toe. Die materiaal is waterdig en het ook toeritssakkies aan die binnekant. Daar is ’n magdom verskillende kleure om van te kies. Besoek hul webtuiste om te bestel.
7. Artriosteo™
Artriosteo™ is ’n nuwe vier-in-een-produk wat fokus op die behandeling van gewrigstyfheid en pyn. Artriosteo™ verminder inflammasie in die gewrigte, aktiveer kraakbeenvorming om langtermynverligting te bevorder, en verbeter beendigtheid en algehele spierfunksie. Artriosteo™ is nou beskikbaar by die meeste kleinhandelapteke of jy kan aanlyn koop. Jy kan ook e-pos stuur na info@miracpharma.co.za of skakel hulle by 066 430 1087. Hulle lewer landswyd af.
8. Endymed Intensif RF-mikronaaldbehandeling
Skin Renewal is die eerste mediese estetiese kliniek in Suid-Afrika wat Endymed Pro se toestel-gedrewe tegnologie aan pasiënte bied.
Die Endymed Intensif RF-mikronaald-handstuk is spesiaal ontwerp vir die behandeling van aknee-littetekens, diep plooie, rekmerke en ander toestande wat diep dermale-verhitting verlang. Die Intensif-handstuk verseker dat mikro-deursnee-naalde aangewend word om veilige en doeltreffende gefokusde RF-energie aan die dermis te lewer. Dit verskaf dus ’n revolusionêre kollageen-hermodelleringsoplossing met minimale ongemak en hersteltyd.
Met sy unieke “Smooth Motion”-naaldinvoegingstegnologie, is behandelinge met dié toestel gemaklik en heeltemal veilig vir alle velsoorte.