Deel

Visie 130 – begin ’n blink toekoms by die Universiteit van die Vrystaat

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Universiteit van die Vrystaat wil voortdurend vernuwe en herskep ten einde ’n groter en meer doeltreffende impak op die gemeenskappe rondom hulle te kan hê.
Die Universiteit van die Vrystaat wil voortdurend vernuwe en herskep ten einde ’n groter en meer doeltreffende impak op die gemeenskappe rondom hulle te kan hê.
Universiteit van die Vrystaat logo


“Môre behoort aan diegene wat vandag daarvoor voorberei.”

Hierdie wyse woorde van ’n Afrika-spreekwoord bly deur al die eeue heen steeds waar. Dit eggo deur al die sektore van die samelewing en weerklink in plaaslike, streeks- en globale kontekste.

By die Universiteit van die Vrystaat het hulle ’n duidelike visie van waar hulle binne die volgende paar jaar wil wees – tot in die jaar 2034, wanneer die universiteit 130 jaar oud word. Hierdie visie word vervat in hul Visie 130, wat uiting gee aan hul voorneme en toewyding daartoe om deur hul eweknieë en die samelewing erken te word as ’n top-universiteit in Suid-Afrika en onder die beste in die wêreld gereken te word.

Ewe belangrik tot hierdie duidelike visie is hul strategie vir hoe om die visie in ’n realiteit te omskep. Die Universiteit van die Vrystaat is daarop gefokus om voortdurend te vernuwe en te herskep ten einde ’n doeltreffende impak op die gemeenskappe rondom hulle te kan hê. Hulle poog om dit te doen deur voort te bou op die onuitwisbare sterk punte en welslae wat hulle sedert die ontstaan van hierdie instansie in 1904 gevestig en geslyp het. Hulle is trots op hul konsekwente groei in studente-welslae, wat meegebring word deur ’n holistiese benadering tot studente-ontwikkeling, hul voortgesette bydrae tot gebiede in die land en streek waar daar skaars vaardighede is, hul toenemende kurrikulêre relevansie en die indiensneembaarheid van hul gegradueerdes. Die universiteit verbeter deurentyd hul navorsingsproduktiwiteit en brei hul hoeveelheid voorste navorsers uit met deurlopende ontwikkeling van onderskeidende navorsingsgebiede.

Hulle wil op hierdie soliede fondasies voortbou deur hul hoeveelheid nagraadse studente te vermeerder, die beste studente en skoliere van diverse agtergronde te werf, waardevolle vennootskappe met ’n wye reeks belanghebbendes te vestig en uit te brei, en om maksimaal gebruik te maak van nuwe en bestaande tegnologieë om die gehalte van leer, onderrig, navorsing en besigheidsprosesse te bevorder. Akademiese uitnemendheid, gehalte en impak lê aan die kern van hul visie. So ook maksimale samelewingsimpak deur volhoubare verhoudinge sowel as ’n diverse, inklusiewe en billike universiteitskultuur.

Die universiteit stel hul visier en hul strategie hoog, in die wete dat dié instansie oor die nodige menslike kapitaal, veerkragtigheid en innovasie beskik om van krag tot krag te gaan. Met hul eindbestemming stewig voor oë, word hulle deur skitterende bakens gelei in die vorm van die waardes wat hulle as ’n universiteitsgemeenskap onderskryf en koester. Uitnemendheid, innovasie en impak, aanspreeklikheid, omgee, maatskaplike geregtigheid en volhoubaarheid sal altyd dié instansie se kultuur vorm en ’n raamwerk verskaf vir hul optredes en besluite.

Die universiteit se uiteindelike doel is om nuwe kennis te genereer en te deel wat ’n sterk invloed op samelewingsontwikkeling sal hê.

Die toekoms van die hoëronderwyslandskap sal gekenmerk word deur weergalose verandering, meegebring deur tegnologiese vordering, verhoogde internasionalisering en ’n hernude fokus op die behoefte om samelewings regoor die wêreld aktief en volhoubaar te bevorder.

Dit is ’n toekoms wat hulle vol moed en vertroue tegemoetgaan.

Want hulle berei hul vandag daarop voor.

Kontak:

Bloemfontein-kampus: 051 401 9111

Qwaqua-kampus: 058 718 5000

Suide-kampus: 051 401 9111

E-pos: info@ufs.ac.za

Webtuiste: www.ufs.ac.za


Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos