“Absoluut nie.”
So het Edward Kieswetter, kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), Vrydag gesê op ’n vraag of hy bereid sal wees om aan te bly vir ’n tweede termyn wanneer sy kontrak volgende jaar eindig.
Hy het óók gesê hy is nie beskikbaar om Eskom se nuwe uitvoerende hoof te word ná die uittrede van André de Ruyter nie.