Daar is geen plan om Eskom te privatiseer nie.
Daar moet ’n onderskeid getref word tussen om die energiemark te dereguleer en om te privatiseer, het dr. David Masondo, adjunkminister van finansies, Donderdag in die parlement verduidelik.
Dit spruit uit vrae van Floyd Shivambu, EFF-lid van die parlement se staande komitee oor finansies, oor waarom die regering so vasbeslote is om Eskom te privatiseer.