Park Village Auctions het aangekondig dat hy ’n tydgebonde aanlyn veiling gaan hou van ’n groot vragmotor- en stoorperseel met ’n kantoor in Wadeville.
Roy Lazarus, direkteur van PVA, sê die eiendom verteenwoordig ’n winsgewende beleggingsgeleentheid, aangesien dit perfek is vir verskeie logistieke funksies.
“Of jy dit verhuur vir addisionele parkeerplek vir ’n vloot voertuie of as ’n verkoopsperseel of as ’n perseel waar vragmotors versien word (daar is ’n dienshelling), die perseel is ideaal geleë om die talle nywerheidsbure te bedien,” sê Lazarus.