Winkelsentrums staan minder leeg, volgens FNB se jongste eiendomsmakelaarspeiling.
Daar is ’n duidelik sigbare groei in vraag na kleinhandelruimte, wys FNB se peiling vir die eerste kwartaal.
Dit weerspieël die herstel in ekonomiese aktiwiteite, die Covid-19-pandemie wat minder van ’n bedreiging blyk te wees, en die inperkingsregulasies wat grootliks weggeval het, meen John Loos, eiendomstrateeg by FNB Commercial Property Finance.