Die Covid-19-pandemie het die Suid-Afrikaanse ekonomie ’n groot knou toegedien, maar dit het ook net méér lig geplaas op die benarde situasie wat jare lank reeds heers.
Daar kan nie meer gewag word om dringend aan die werk te spring om die ekonomie weer om te keer nie.
So sê Wendy Lucas-Bull, voorsitter van Absa, Dinsdag in haar voordrag gedurende die jaarlikse The Directors Event.