Suid-Afrika het in Januarie ’n handelstekort van R23 miljard aangeteken, vergeleke met ’n oorskot van R5 miljard in Desember.
Bobby Madhav, hoof van gestruktureerde handel en kommoditeitsfinansiering van FNB, sê die tekort is groter as die R10 miljard wat die mark verwag het.
Volgens hom is dit ook die grootste handelstekort sedert April 2020 tydens die strengste inperkings aan die begin van die pandemie.