Straatverkopers gaan Maandag met die ondersteuning van die Vryemarkstigting ’n veldtog van burgerlike ongehoorsaamheid van stapel stuur om die “hongersnood onder informele handelaars” te probeer beëindig.
Verkopers beplan om Maandag om 10:00, strydig met die inperkingsmaatreëls, in Breë- en Sauerstraat in Johannesburg te vergader.
Hulle vrees nie moontlike optrede deur die polisie of soldate om hulle te keer nie.
