Die skade aan infrastruktuur in KwaZulu-Natal word reeds op meer as R1,1 miljard geraam, volgens die Suid-Afrikaanse Versekeringsvereniging (Saia).
Saia sê die skade wat die huidige vloede aangerig het, word reeds op meer beraam as die oorstromings van 2019.
Netwerk24 het Donderdag berig die regering raam dat die voorlopige skade in KwaZulu-Natal sowat R757 miljoen beloop, maar dat ekonome soos Dawie Roodt glo dit word erg onderskat.