Daar is 19 maatskappye wat belangstel om ’n invoerpunt vir vloeibare aardgas (VAG) by Richardsbaai te bou.
Dit sluit groot ontwikkelaars en operateurs van gasinfrastruktuur in Suid-Afrika, Asië, Europa, Amerika en die Midde-Ooste in, het die Transnet Nasionale Hawe-owerheid (TNPA) Donderdag bekend gemaak.
Dit volg op die versoek om inligting oor die bou van ’n VAG-eindpunt by Richardsbaai wat op 13 Februarie uitgereik is.