’n Week nadat een van twee hoëspanningsdrade onklaar geraak het wat krag van die Cahorra Bassa- hidroëlektriese kragstasie in Mosambiek invoer, is dit nou bevestig: Die skade is opsetlik aangerig.
Eskom het aan Netwerk24 bevestig dat sy sekerheidsverslag daarop dui dat die voorval beslis ’n geval van vandalisme en diefstal van staal was.
“Daar is gereelde voorvalle waar die staalstawe van die kragtorings gestroop word,” sê Eskom in antwoord op ’n navraag.