Brandstofpryse word die eerste Woensdag van elke maand aangepas, iets wat elke landsburger aan sy sak voel. Veral as die styging skerp is, soos die geval hierdie maand met motoriste wat in Maart R1,27 meer per liter vir 95- en 93-oktaan petrol moet betaal. Diesel met ’n 0,05%-swaelinhoud styg met 30,38c per liter terwyl diesel met 0,005%-swaelinhoud met 31,38c styg.
Die verhoging word voor die deur gelê van die rand se swakker verhandeling teenoor die dollar en internasionale brandstofpryse wat gestyg het. Dit is maar net van die elemente wat die prys beïnvloed wat motoriste moet opdok.
Die ekonoom prof. Waldo Krugell van die sakeskool aan die Noordwes-Universiteit beantwoord vrae oor hoe die basiese prys vir ’n liter brandstof bereken word: