Die staat se pensioenfonds het ’n nuwe beleggingsmandaat vir ontwikkeling aan sy beleggingsbestuurder gegee ná die omstredenheid waarin dié tipe beleggings die laaste jare gehul was.
Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), wat die pensioenfonds vir staatsamptenare (GEPF) se geld bestuur, verskaf onder dié mandaat deur die Isibaya-fonds finansiering vir ontwikkelingsdoeleindes aan ongenoteerde ondernemings.
Die nuwe ontwikkelingsbeleggingsmandaat kom nadat ’n kommissie van ondersoek oor die OBK in 2020 sy verslag met sowat 308 bevindings en aanbevelings uitgereik het.