’n Toestroming van dispute word by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwag nadat sy streekskantore vir die eerste keer in amper twee jaar weer landwyd vir die publiek geopen het.
Die KVBA het sy kantore begin Mei heropen nadat hy sedert 30 Julie 2020 weens die pandemie vir die publiek gesluit was.
Dit beteken die streekskantore is nou weer oop vir die publiek om in te loop om sake in te dien teenoor voorheen toe dit net oop was vir diegene met geskeduleerde sake.