’n Koskrisis is op hande. Stapelvoedsel soos mieliemeel kan weens die voortslepende dieseltekort nie op winkelrakke gelewer word nie.
Dr. John Purchase, uitvoerende hoof van die landbousakeorganisasie Agbiz, waarsku die dieseltekort lyk asof dit net vererger op ’n kritieke tydstip waarop boere in die binneland nou hul mielies moet begin stroop.
Purchase verduidelik dis nie net die primêre landbou wat daaronder ly nie, maar die hele waardeketting.