Die regering het gebeurlikheidsplanne opgestel om belangrike kosproduksie-aanlegte te beskerm teen hoër fases beurtkrag.
Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het in ’n Bloomberg-onderhoud gesê reëlings is getref sodat abattoirs kan voortgaan met bedrywighede en inentings teen dieresiektes geproduseer kan word, sou fase 8-beurtkrag ingestel word.
Op fase 8 moet tot 8 000 MW krag bespaar word en kan Suid-Afrikaners tot 18 uur sonder krag per dag verwag.