Werkers by die staalvervaardiger ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) se hoogoonde, kooksaanleg en staalfabriek in Vaderbijlpark en Newcastle mag nie staak nie.
Amsa het Woensdag teen 15:00 met ’n tussentydse dringende hofaansoek in die arbeidshof geslaag om dié werkers te verbied om te begin staak of voort te gaan met enige staking, het Amsa bekend gemaak.
Die tussentydse hofbevel sal die werkers verhoed om te staak hangende ’n finale uitspraak in die arbeidshof.