Beleggers kan begin uitsien na groter dividende van Curro omdat die privateskolegroep die meeste van sy kapitaaluitbreiding al uit sy inkomste kan finansier.
Cobus Loubser, uitvoerende hoof, het dié belofte gedoen op die voorlegging oor Curro se resultate vir die 2022-boekjaar.
Curro het in 2019 sy eerste dividend uitgekeer, van 12c. Vanjaar word 11,08c uitgekeer. Die totale dividende wat aandeelhouers al verdien het, beloop maar slegs 41,48c.