Shoprite het na raming binne ses maande sowat R1,8 miljard wins ingeboet weens beurtkrag en aandeelhouers is ’n bykomende 75c dividend per aandeel kwyt weens dié winkelgroep se enorme dieselrekening die afgelope ses maande.
Pieter Engelbrecht, uitvoerende hoof van die winkelgroep wat ook Checkers besit, het in antwoord op vrae gesê hul bedryfswins en dividend sou nagenoeg 30% meer gewees het as dit nie was vir die bykomende besteding aan diesel vir kragopwekkers nie.
Die groep se bedryfswins vir die ses maande tot 1 Januarie was R6 miljard en die dividend was 248c per aandeel. As dit 30% hoër was, sou dit sowat R7,8 miljard en 322c gewees het.