Minder korttermyn-krediet ‘wys kwesbares sukkel baie’

akkreditasie
Korttermynkredietverlening is ’n baie belangrike rat in die ekonomiese enjin. Geld wat voorheen uit sirkulasie was word terug gestoot in ekonomiese aktiwiteit wat weer inkomste genereer, sê Johan Gellatly, besturende direkteur van Altron Fintech. Foto: WITNESS MEDIA
Korttermynkredietverlening is ’n baie belangrike rat in die ekonomiese enjin. Geld wat voorheen uit sirkulasie was word terug gestoot in ekonomiese aktiwiteit wat weer inkomste genereer, sê Johan Gellatly, besturende direkteur van Altron Fintech. Foto: WITNESS MEDIA

Korttermynlenings aan Suid-Afrikaners het van die eerste kwartaal van 2020 tot die eerste kwartaal vanjaar met 12,3% gekrimp, sê Altron Fintech, wat die afgelope week sy korttermynkrediet-indeks (Afsci) bekend gestel het.

“Korttermynlenings is ’n belangrike hulpmiddel vir lae-inkomstehuishoudings en klein ondernemings,” sê Keith Lockwood, ’n onafhanklike ekonoom wat betrokke was by die opstel van die indeks. Hy skryf die daling in korttermynkredietverlening toe aan die 1,4 miljoen poste wat verlore gegaan het tydens die pandemie en Suid-Afrikaners se laer reële inkomste oor dieselfde tydperk.

Om ’n beter idee te kry van Covid-19 se uitwerking op kredietverlening, het Lockwood die syfers van die eerste kwartaal van 2021 vergelyk met die vierde kwartaal van 2019 – voor die uitbreek van die pandemie. In die eerste kwartaal van 2021 het die waarde van korttermynlenings wat toegestaan is met 20% gedaal in vergelyking met die vierde kwartaal van 2019. In dieselfde tydperk was die getal lenings toegestaan 25% laer as voor Covid-19.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.45
+0.8%
Rand - Pond
19.96
+0.5%
Rand - Euro
16.82
+0.6%
Rand - Aus dollar
10.85
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.7%
Goud
1,784.61
+0.8%
Silwer
24.34
+2.8%
Palladium
2,072.50
-1.5%
Platinum
1,054.50
+1.2%
Brent-ruolie
85.08
+0.9%
Top-40
60,348
+0.3%
Alle aandele
66,895
+0.2%
Hulpbronne 10
63,203
-0.1%
Industriële 25
85,486
+0.6%
Finansiële 15
14,008
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos