As die jongste voorgestelde wysigings aan belastingwetgewing aanvaar word, sal Suid-Afrikaners wat emigreer ’n uitgangsbelasting op hul aftreegeld moet opdok.
Tot dusver is aftreegeld nie onderhewig aan uitgangsbelasting nie.
Dít sal wees bo en behalwe die uitgangsbelasting wat sulke individue reeds betaal op onder meer vaste buitelandse eiendom, aandele en effektetrusts omdat die belastinggaarder veronderstel die individue kry inkomste uit die verkoop van dié bates wanneer hul status as belastinginwoner beëindig word.