Vandag begin ek ’n reeks van vier rubrieke oor belasting en besparing, veral in die lig van die onlangse begrotingsrede.
Daar was vanjaar min regstreekse belastingverligting, maar dit is tog vir my goeie nuus dat die inkomstebelastingskale nie verhoog is nie. Ek stem saam met die ekonome wat sê daar is nie veel wat die tesourie in die huidige ekonomiese omstandighede kon doen nie.
Die vraag in dié rubriek is: Hoe kan ons kreatief met ons belasting te werk gaan sodat ons voel ons boer vooruit? In die volgende drie rubrieke sal ek fokus op hoe jy in jou onderneming kan bespaar aan belasting, hoe jy kan bespaar met jou beleggings en laastens, wat jy maar mag koop om te kan bespaar.