’n Mens moet van ander stoffasie gemaak wees as jy die eienaar van die nuwe Samsung Galaxy S22 Ultra wil wees.
Die S22 Ultra is ’n groot, swaar foon en dis gemaak van glas. Vertrou my, tyd beweeg so ’n bietjie stadiger as dit grond toe val. Dit het nou al paar keer met my gebeur en snaaks genoeg het dit met dié foon gebeur meer as enige ander foon wat ek al besit of getoets het.
Met tye is dit amper onmoontlik om die foon vas te vat, maar dit is net as gevolg van die glas. Die eerste ding wat jy dus moet doen, is om ’n omslag te kry. Kry net iets wat nie die foon nog groter en swaarder sal laat voorkom nie.