‘Prestasie-hasie’ sonder hart nié oukei

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Anja Viljoen Foto: Verskaf
Anja Viljoen Foto: Verskaf

Kyk, van politiek en klimaatverandering kan ek jou nou nie juis veel vertel nie, en ná baie jare se worsteling daarmee, het ek besef, dit is óók oukei.

Van kleins af is ek voorbok, goed of sleg, maar altyd voor in die koor. Soos ek ouer geword het, het voor in die koor ’n nuwe baadjie gekry.

Aan die laerskool-meisietjie met die groot ogies en lang skoolrok was die voorbok-baadjie hoofkarakter in die opvoering, klaskaptein of goeie punte. Soos ek ouer geraak het en dié baadjie te klein geraak het, het ek ’n nuwe, helder geel, een gekry. Een met steeds goeie punte, maar ander prioriteite.

Hierdie uitstaan-geel-voorbok-baadjie van my het ’n hele paar tannies se oë laat rek en tonge laat klap.

Hoewel dit ’n tydjie geneem het, weet ek nou, dit is óók oukei.

Jy sien, van jongs af word ons gekweek as “prestasie-hasies”. En hoe ouer ons word, hoe groter raak hierdie hasie se ore.

Die ore begin lyk soos hoofleier, eerstespankaptein, dux-leerling, die lys gaan aan, maar die een ding wat al hierdie hasie-ore ingemeen het, is daar is net een so ’n hasie. So wat nou van die res van die hasies? Hulle het ook ore! Hulle s’n lyk dalk net anders, en weet jy wat . . . dit is óók oukei.

Elke mens se idee van sukses is anders, en dit is óók oukei. Die belangrike ding is om te onthou dat jou hart, en nie jou definisie daaragter, jou óók oukei maak.

Die rak vol trofees is nié oukei as jy bo-oor ander moes loop om dit te kry nie.

Want sien, rakke wat oorloop van trofees, sakke vol geld, luukse vakansies, winkelpoplyfies, mure wat tuit van sertifikate is alles definisies van sukses, maar is dit dié tipe sukses wat jou hart oukei maak?

Die rak vol trofees is nié oukei as jy bo-oor ander moes loop om dit te kry nie. Om jou gesin vir sakke vol geld te verruil, is nié oukei nie.

As jou siel met haat gevlek is, is jou luukse vakansie op ’n prentjiemooi eiland nié oukei nie. Jou winkelpoplyfie of filmstergesiggie is nié oukei as jou hart nie die mooiste deel van jou is nie. Om ’n muur vol sertifikate, maar ’n hart sonder liefde te hê, is nié oukei nie.

As daar een ding is, buiten “clutch control”, of koppelaarbeheer, soos my oom sou sê, wat ek wens ek het vroeër geleer, is dit: Maak nie saak waar die wind jou waai nie, dit is óók oukei. Hiermee bedoel ek nie, aanvaar net dat elke storm jou om waai nie. Ek bedoel dat elkeen se storm anders lyk.

Al kan ek nie ure lange gesprekke oor die nuus voer nie, gee my ’n halwe kans om jou van iets wat vroeër gebeur het, ’n idee wat ek het, of die belangrikheid van geestesgesondheid te vertel, en ek praat maklik jou ore van jou kop af. En vir my is dit oukei.

Vir my is dit oukei dat ek dalk ’n keer of wat te veel in die moeilikheid was, want as ek oor kon kies, sou ek niks anders gedoen het nie. My dae was vol lewe en gesigte wat ek steeds oral op my mure het. Ek het vriende gemaak en stories versamel wat ek eendag vir my kleinkinders gaan vertel.

Al weet jy nie altyd wat om te sê nie, dit is altyd oukei om iets nuuts te leer.

My ore het dalk nie gelyk soos dié van ’n hoofmeisie, dux-leerling of eerstespanspeler nie, maar steeds het ek ook ore, al lyk dit anders. Ek kon elke dag afsluit met ’n nuwe les en ’n dankbare hart vir elke mens in my lewe. Ek kon deel wees van iets groter as ek, ’n groep hasies, wat vir my meer as oukei was.

Vandag wil ek vir jou sê, JY is óók oukei. JY, liewe leser, verdien ’n handeklap vir jou toespraak, al is dit net om dat jy opgestaan het en jou sê gesê het. Al weet jy nie altyd wat om te sê nie, dit is altyd oukei om iets nuuts te leer. Of jy slim is en of jy sukkel. Of jy die vinnigste hardloop of langs die baan skreeu. Of jy wen of verloor. Of jy stormwind of sonskyn ervaar. Dit is óók oukei. JY is óók oukei.

  • Viljoen studeer sielkunde aan die Noordwes-Universiteit en kom oorspronklik van Hoopstad.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF? Maar jy wonder hoe dit werk? Kyk hierdie video:

besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 268/10 & 196/1
India A 276/10
besig om te laai... Regstreeks
Australia 261/6
England 147/10
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.74
-0.2%
Rand - Pond
20.79
-0.3%
Rand - Euro
17.83
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.30
-0.3%
Rand - Jen
0.14
-0.2%
Goud
1,786.10
+0.2%
Silwer
22.47
+0.2%
Palladium
1,865.51
+0.5%
Platinum
961.00
-0.0%
Brent-ruolie
75.82
+0.5%
Top-40
65,993
0.0%
Alle aandele
72,404
0.0%
Hulpbronne 10
68,624
0.0%
Industriële 25
95,800
0.0%
Finansiële 15
14,289
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos