Die name Edward Mothibi en Annie Bothma sal in die annale van padwedlope opgeteken staan as die wenners van die eerste virtuele Kaapstad-marathon.
Min marathons wêreldwyd het vanjaar se Covid-19-pandemie vrygespring en eerder as om die wedlope in die Moederstad af te stel, het die organiseerders besluit op ’n virtuele byeenkoms.
Hulle het daarna ’n groep elite-atlete genooi om mekaar uit te daag – in drie verskillende stede.