Alle oë was Woensdag in die eerste ronde van die Suid-Afrikaanse Ope vir vroue op die Steenberg-gholfbaan in Kaapstad op Ashleigh Buhai en die Britse Ope-kampioen het allermins teleurgestel.
Trouens, sy het altesame sewe voëltjies oor die eerste nege putjies ingeryg om in 29 houe – haar beste nog in ’n beroepstoernooi – te gaan draai. Buhai het haar eerste rondte toe met ’n telling van 64 – agt beter as die baansyfer – voltooi.
Die 16-jarige Duitser Chiara Noja het egter ’n bespotting van die Steenberg-uitleg gemaak en is die oornagvoorloper ná ’n briljante baanrekord van 62 (–10).