’n Gewilde nagklub in Florida poog om LIV Golf te verhoed om sy naam as ’n handelsnaam te registreer.
Die LIV-nagklub, geleë in die luukse Fontainebleau Miami Beach-hotel naas die gebied se Millionaire’s Row, beweer in sy kennisgewing van teenstand die rebellereeks se handelsname is “visueel, foneties en ouditief soortgelyk en die goedere/dienste deel ooreenkomste”.
Die nagklub het sy deure in 2008 oopgemaak en tel volgens Soundcloud onder die topvyf-kuierplekke in Amerika. Sy kliënte bestaan uit beroemde glanspersoonlikhede en sportlui en die akteurs Leonardo DiCaprio en George Clooney tel onder diegene wat voorheen daar gekuier het.