Ryan Rickelton was met ’n derde 100-tal in soveel meerdagwedstryde vir die Lions een van die spelers wat ’n kleim afgesteek het om in die 11-tal te wees in Suid-Afrika se eerste toets teen die Wes-Indiese Eilande.
Rickelton het Dinsdag 125 lopies van net 112 balle (11x4; 7x6) teen die Warriors op die Wanderers gemoker.
Die tuisspan kon met 433 in sy eerste beurt antwoord op die 438 wat die Warriors vroeër aangeteken het.