’n Hardnekkige terugvegpoging deur die veelsydige hemelbesem Jason Holder, wat 81 onoorwonne lopies aangeteken het, het die Proteas Donderdag op die tweede dag van die tweede en laaste kriekettoets teen die Wes-Indiese Eilande op die Wanderers erg frustreer.
Die Proteas het ’n eerstebeurt-voorsprong van 69 lopies lopies gehad nadat hulle die besoekers uit die Karibiese Eilande vir 251 lopies uitgehaal het. Die Proteas het in hul eerste beurt 320 lopies aangeteken.
Suid-Afrika het met die uitskeityd ná net drie boulbeurte in hul tweede kolfbeurt vier lopies op die telbord gehad. Dean Elgar (3*) en Aiden Markram (1*) sal Vrydagoggend voortkolf.