Die tiener Dewald Brevis, wat Woensdag ’n vyftigtal teen die Wes-Indiese Eilande aangeteken het, kan Sondag in Durban uiteindelik sy eersterangse buiging vir die Titans maak.
Brevis (50, 63b, 8x4;1x6) en die aanvangskolwer Wihan Lubbe (71, 131b, 9x4;1x6) het vyftigtalle aangeteken in die Suid-Afrikaanse Uitnodigingspan se eerste beurt van 317 teen die Windies op Willowmoorepark in Benoni.
Die toerspan het op die eerste dag van sy driedaagse opwarmingswedstryd 283/9 aangeteken.