Die Suid-Afrikaanse A-krieketspan het Sondag ’n vernederende nederlaag teen ’n Zimbabwiese elftal gely in dié spanne se vierde T20-stryd in Harare.
Nadat die SA naasbestes die eerste drie wedstryde sonder veel moeite gewen het, het hulle onverwags die pad byster geraak toe hulle Sondag ’n teiken van 136 lopies vir ’n oorwinning gejaag het.
SA A is vir net 73 lopies uitgeboender, wat aan die tuisspan ’n klinkende oorwinning met 62 lopies besorg het.