Die absolute oorheersing van die Red Bull-span se Max Verstappen en Sergio Pérez in Sondag se Bahreinse Grand Prix het die toon aangegee vir vanjaar se Formule Een-reeks, hoewel die vertoning van die 41-jarige veteraan Fernando Alonso die kollig gesteel het.
Verstappen, die huidige wêreldkampioen, was eerste in 1:33:56.736 met Pérez 11.987 sekondes agter hom in die tweede posisie.
Alonso was derde in sy buiging vir Aston Martin, Carlos Sainz (Ferrari) vierde, Lewis Hamilton (Mercedes) vyfde en Lance Stroll (Aston Martin) sesde.