Suid-Afrika se jong Kelvin van der Linde (26) sal die reënboogvlag laat wapper wanneer hy na verwagting volgende Saterdag agter die stuur van ’n ABT Cupra-renmotor in die Kaapstadse ronde van die Formule E-reeks gaan klim. Hy staan tans in vir die beseerde Robin Frijns. Michele Lupini het hom uitgevra oor hoe hy sover sy debuutseisoen in ’n batterygedrewe renmotor ervaar.
Netwerk24: Jy’s mos eintlik ’n GT-klas-renjaer, jou hele loopbaan al. Hoe moeilik was dit om in ’n enkelsitplekker te klim, en dit boonop in ’n debuut in Formule E?
Van der Linde: Dit was nogal ’n groot uitdaging, want ek het nog nooit in ’n enkelsitplekker aan ’n ren deelgeneem nie! Onthou, als is nou anders: Jy sit laag in ’n enkelsitplekker, en die neus is lank voor jou uitgestrek. Maar dan is Formule E se straatrenne ook iets om aan gewoond te raak.