Daniel Faalele van Australië word die swaarste speler in die geskiedenis van die NFL nadat hy deur die Baltimore Ravens se Amerikaanse voetbalspan gekontrakteer is.
FoxSports berig Faalele (22), wat in Melbourne gebore is, het Australië op die ouderdom van 16 verlaat en aanvanklik sportsoorte soos rugby en basketbal in Amerika beoefen.
Hy het glo die oog gevang met goeie vertonings op die voetbalveld die afgelope drie seisoene vir die Universiteit van Minnesota.