Pierre Spies het op die rugbyveld én in die bediening in sy oorlede pa en naamgenoot se voetspore gevolg.
Om die waarheid te sê, past. Pierre Spies (37) van die Christian Revival Church (CRC) in George het dit ’n treetjie verder geneem as sy pa. Dié was ’n ligblou-legende, maar ietwat ongelukkig om nooit Springbok te kon speel nie. Sy seun het daarvoor vergoed deur die Groen-en-goud van 2006 tot 2013 53 keer oor sy kop te trek.
Pierre Spies sr. kon egter nooit sy seun in ’n toets sien speel nie. Hy is 18 jaar gelede op 54-jarige ouderdom aan ’n hartaanval oorlede.