Die oud-Engelse haker Steve Thompson (43) het gister aan die Londense Daily Mail onthul dat hy onlangs selfdood oorweeg het deur voor ’n trein in te spring nadat hy in 2020 met demensie gediagnoseer is.
Thompson, ’n Wêreldbeker-wenner in 2003, het in 2011 uitgetree nadat hy ’n nekbesering en verskeie kere harsingskudding opgedoen het.
Hy en die Wallieser Alix Popham dagvaar nou die rugbybase omdat hulle nie die spelers genoegsaam beskerm het nie.