Rugbykampioenskap

Bokke kan hulself skóp ná nederlaag

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Sbu Nkosi duik sierlik oor vir die Bokke se enigste drie.  Foto: Getty Images
Sbu Nkosi duik sierlik oor vir die Bokke se enigste drie. Foto: Getty Images

Die Springbokke se ­­robotagtige spel, wat vir die grootste gedeelte in gister se Rugbykampioenskapstoets in Townsville en in 2019 hul grootste bondgenoot was, was gister in die doodsnikke ook hul ondergang.

Dit is min dat jy die All Blacks op ’n afdag soos gister in die afwesigheid van staatmakers soos Dane Coles, Sam Whitelock, Sam Cane, Aaron Smith en Richie Mo’unga aantref. Daarom sal die span kwaad wees dat hy gesukkel het om die sakkie toe te knoop toe die sege reeds daarin was.

Dit kan toegeskryf word aan swak wedstrydbestuur in die laaste tien minute toe die Bokke nie die situasie voor hulle gespeel het nie en eerder soos robotte bly skop het. Dít, en Jordie Barrett se uitmuntende beslissende strafdoel, was die verskil tussen wen en verloor.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan