Rugbykampioenskap

Mains: ‘SA se spelers net nie goed genoeg’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die All Black-heelagter, Jordie Barrett, op loop in hul tweede toets teen die Poemas. Foto: Getty Images
Die All Black-heelagter, Jordie Barrett, op loop in hul tweede toets teen die Poemas. Foto: Getty Images

Die voormalige All Black-afrigter Laurie Mains glo die Springbokke het eenvoudig nie genoeg goeie spelers om die All Blacks enige probleme te besorg nie.

Mains, ook ’n voormalige afrigter van die Cats (soos die gekombineerde span van die Leeus en Cheetahs destyds bekend gestaan het in die Superrugby-reeks), glo Nieu-Seeland sal die spanne se 100ste toets Saterdag in Townsville gemaklik wen.

“Ek dink daar is vier of vyf spelers in daardie span wat eenvoudig nie op toetsvlak is nie en ek dink jy sal sien dat die All Blacks se driekwarte amok maak teen hulle,” het Mains aan die Nieu-Seelandse webwerf Stuff gesê nadat die Springbokke Saterdag met 17-30 teen die Wallabies in Brisbane verloor het. Dit was Suid-Afrika se tweede agtereenvolgende nederlaag teen Australië.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan