Rugbykampioenskap

Sanzaar sê jammer vir Poemas

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Poemas se breier, Mario Ledesma, is omgekrap omdat dit vir hom voel of sy span net as ’n nagedagte deel van die Rugbykampioenskap uitmaak. Heel links is die Argentyne se kaptein, Julian Montoya, wat nie Vrydag deel van ’n fotosessie was waartydens die drie ander spanne in die reeks se kapteins afgeneem is nie. Foto: Getty Images

Sanzaar, die organiseerders van die Rugbykampioenskap, en Rugby Australië het Argentinië om verskoning gevra nadat die Poemas nie verlede week by ’n fotosessie ingesluit is waaraan die drie kapteins van die ander Suidelike Halfrond-spanne deelgeneem het nie.

Die Poemas se afrigter, Mario Ledesma, het gesê sy spelers en personeel het dit as ’n klap in die gesig beskou en het afgehaal gevoel toe hulle ’n video van die Australiese, Nieu-Seelandse en Suid-Afrikaanse kapteins gesien het wat ná Vrydag se fotosessie in Townsville uitgereik is.

“Sanzaar en Rugby Australië se bestuur wil graag vir Argentinië om verskoning vra vir die fout wat daartoe gelei het dat ’n foto in die media gebruik is waarin Argentinië uitgesluit is,” sê die beheerliggame in ’n gesamentlike verklaring.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan