Rugbykampioenskap

Voorspelbare Bokke pla Wallabies nie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Só maak ’n mens op die aanval, Bokke. Marika Koroibete, wat twee drieë in Saterdag se toets afgerond het, kry die bal in kontak weg. Duane Vermeulen en Handre Pollard kon hom nie stuit nie. Foto: Getty Images
Só maak ’n mens op die aanval, Bokke. Marika Koroibete, wat twee drieë in Saterdag se toets afgerond het, kry die bal in kontak weg. Duane Vermeulen en Handre Pollard kon hom nie stuit nie. Foto: Getty Images

Australië het geweet wat kom, terwyl die Springbokke waarskynlik verras is deur die afwisseling in die Wallabies se spel in die afgelope twee toetse in die Rugbykampioenskap.

Die uiteinde daarvan is dat die Wallabies teen die verwagting in albei toetse gewen het. Suid-Afrika se rekord in Australië is tradisioneel sleg, maar die Aussies is met die eerste toets in die Goudkus slegs as die wêreld se sewende beste span gereken.

Ofskoon die Aussies deur geniepsigheid by tye siniese rugby gespeel het, het hul afrigter, Dave Rennie, ’n taktiese plan beraam om die Bokke te troef. Hulle was in Saterdag se oorwinning van 30-17 fisiek die Bokke se meerdere – iets wat selde gesien word. Dit het veral by die losskrums gestalte gevind.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan