Wêreldsewesreeks

Powell prys Blitse: ‘Die ouens is honger’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Pure goud! Ronald Brown in aksie in die wedstryd teen Spanje. Hy was een van die Blitsbokke se uitblinkers op die eerste dag. Foto: AP
Pure goud! Ronald Brown in aksie in die wedstryd teen Spanje. Hy was een van die Blitsbokke se uitblinkers op die eerste dag. Foto: AP

Die onoorwonne Blitsbokke kom Sondag in die kwarteindronde van die Vancouver-sewestoernooi teen Spanje te staan.

Suid-Afrika het Saterdag al drie sy wedstryde, teen Mexiko (53-0), Spanje (34-7) en Kenia (33-14), met gemak gewen. Dit beteken dat die Blitsbokke boaan Groep A eindig, met die Spanjaarde wat derde in die groep klaargemaak het.

Neil Powell, afrigter van die nasionale sewesspan, was duidelik in sy noppies met sy span se vertoning. Hy was ná afloop van die Blitsbokke se laaste wedstryd, teen Kenia, op ’n aanlyn nuuskonferensie vol lof vir sy spelers.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan