Wêreldsewesreeks

Powell sal span teen Fidji, Kiwi’s wil opweeg

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Blitsbokke met die trofee wat hulle verower het as wenner van die 2021-seisoen van Wêreldrugby se sewesreeks.  Foto: AP
Die Blitsbokke met die trofee wat hulle verower het as wenner van die 2021-seisoen van Wêreldrugby se sewesreeks. Foto: AP

Die afwesigheid van brekers soos Fidji en Nieu-Seeland by die afgelope twee naweke se toernooie van Wêreldrugby se sewesreeks is nie iets waaroor Neil Powell, afrigter van die Blitsbokke, sy kop soos ’n volstruis in die sand steek nie.

Suid-Afrika het Brittanje Maandagoggend (SA tyd) met 24-12 in die eindstryd van die Edmonton-toernooi geklop. Die vorige naweek het die Blitsbokke ook die Vancouver-toernooi gewen.

Suid-Afrika was reeds ná sy sege in die halfeind oor Kenia van die reekssege verseker. Dié prestasie kon die Blitsbokke nog net drie keer tevore behaal: in die 2008-’09-, 2016-’17- en 2017-’18-seisoen.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan