Grant Williams, ramkat-skrumskakel van die Haaie, het ’n uitnodiging van die Springbok-afrigtingspan gekry om van môre af aan die nasionale oefenkamp in Stellenbosch deel te neem.
’n Moontlikheid bestaan dat Elton Jantjies saam met Williams by die Stellenbosch Akademie vir Sport (SAS) sal uitslaan, waar die kamp tot Vrydag plaasvind, verneem Rapport op goeie gesag.
Dis vir Jantjies moontlik om teenwoordig te wees, aangesien sy Franse ProD2-klubspan, Agen, eers weer op 16 Maart in ’n wegwedstryd teen Massy Essonne speel.