Die Blues het Vrydag in Christchurch daarin geslaag om die Crusaders die eerste keer sedert 2004 te klop.
Die Blues het in ’n dramatiese, opwindende wedstryd in die Super Rugby Pacific-reeks, waarin twee van die drie Barrett-broers prominent was, met 27-23 gewen.
Dit was die losskakel, Beauden Barrett, wat in die eerste helfte twee drieë aangevoer het, wat die Blues op die wenpad geplaas het.