Hoewel die Bulle die afgelope week die goeie nuus gekry het dat hulle negatief vir die koronavirus getoets het ná hul onlangse toer na Australië, moet hulle steeds tot 30 Maart in isolasie bly voordat ’n besluit geneem kan word of hulle weer kan begin oefen.
Volgens die Bulle se afrigter, Pote Human, sal die eerste stap wees om “mini-oefeninge” met groepe van vyf spelers te begin, voordat hulle uiteindelik sal kan terugkeer na die normale manier van oefen.
Volgens Human gaan die fiksheid van die spelers die groot uitdaging wees.