Indien daar nie weer vanjaar enige Superrugby gespeel kan word nie, moet die Haaie nie sommer net as die kampioen gekroon word nie.
Dít is die mening van Jaco Kriel, die gewese kaptein van die Leeus se rugbyspan, wat ná ’n draai by Gloucester in Engeland weer terug is in Johannesburg.
“Die Haaie speel wel goeie rugby vanjaar, maar ek glo nie hulle moet (sou geen verdere Superrugby vanjaar moontlik wees weens die koronavirus-pandemie nie) die kampioen verklaar word net omdat hulle eerste op die punteleer is nie. Jy word nie so maklik die kampioen nie. Dan moet daar eerder glad nie hierdie jaar enige span se naam verskyn as die kampioen nie,” sê hy.