Dit was ’n wedstryd wat die Haaie veronderstel was om in die versengende hitte op Kingspark in Durban te wen, maar toe blaas die tuisspan koud in die Verenigde Rugbykampioenskap teen Ulster.
Dit het eerder gelyk asof die warm toestande die besoekers van Belfast in Noord-Ierland pas, want hulle het met 31-24 gewen nadat hulle rustyd met 17-12 voor was.
“Ons het gemik vir minstens vier ligapunte, veral op tuisbodem. Ons het kanse gehad om veel meer uit dié stryd te kry,” sê Neil Powell, die Haaie-breier.