Hy geniet sy rugby en is steeds ten volle verbind tot die span, sê Francke Horn, puik jong agsteman van die Leeus.
Horn het Dinsdagmiddag op ’n aanlyn-mediakonferensie van die Leeus gesê hy glo hulle is nou, ná hul oorwinning die afgelope naweek teen die sterk Skote span Glasgow Warriors op Ellispark in Johannesburg, op ’n beter plek.
Die Leeus het dié wedstryd in die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) met 35-24 gewen.