Ulster het Vrydagaand sy derde agtereenvolgende nederlaag in die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) gely toe hy hom teen Munster in Belfast vasgeloop het.
Munster het die kragmeting met 24-17 gewen. Die wenspan bevind hom ná dese in die derde plek op die VRK-puntelys, met Ulster wat vierde is.
Die wenspan se drieë is gedruk deur die stut Stephen Archer en Keith Earls (vleuel).